Modulekode | BYT 320 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Module-inhoud | Kritiese teksvaardigheid Studente word blootgestel aan uiteenlopende vertalings van en standpunte oor geselekteerde OT- en NT-tekste. Op grond van kennis van en vaardigheid in intra-, inter- en ekstratekstuele teksanalise word studente gelei tot kritiese beoordeling van uiteenlopende standpunte en selfstandige besluitneming in die lees-, analise- en verstaansprosesse ten opsigte van antieke literêre tekste. Analise-integrasie Studente word begelei om selfstandig gekose Griekse en Hebreeuse tekste te lees en te analiseer deur die geïntegreerde toepassing van al die kennis en vaardighede wat in GRK- en HEB-modules op jaarvlakke 1 en 2 asook in BYT 251, 310 en 320 verwerf is. |
Modulekrediete | 30.00 |
Programme | |
Voorvereistes | BYT 310 |
Kontaktyd | 2 besprekingsklasse per week, 2 lesing per week |
Onderrigtaal | Engels |
Akademiese organisasie | Antieke Tale en Kulture |
Aanbiedingstydperk | Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App