Jaarboeke

Program: BMus Musiek

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01132001 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 4 jaar Totale krediete: 572
Contact:
Prof AF Johnson
[email protected]
+27 (0)124202316

Programinligting

Hierdie program is gerig op die verwerwing van spesialis-musiekvaardighede en -kennis. Die program kan so saamgestel word dat studente ná afloop daarvan gekwalifiseerd is vir ’n groot verskeidenheid musiekverwante beroepe, wat onder andere die volgende insluit: solo-uitvoerder, orkes- of kamermusiekspeler, musiekonderwyser op alle vlakke (vir individuele sowel as groeponderrig), musiekwetenskaplike, en -tegnoloog asook entrepreneur en impressario.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 Junie jaarliks (laat aansoeke op aanvraag).

Toelatingsvereistes

  •  Kandidate wat 'n TPT van 30 in Graad 11 behaal het en voldoen aan die minimum vak- en prestasievereistes van hierdie studieprogramme sal outomaties in die studieprogramme geplaas word onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke. Bogenoemde is nie van toepassing op keuringsprogramme nie.
  • Om toelating te behou sal daar van leerders verwag word om 'n TPT van ten minste 28 in Graad 12 te behaal. Voornemende studente wat reeds voorlopige toelating tot hierdie studieprogramme ontvang het maar 'n TPT van ten minste 27 in Graad 12 behaal het sal deur die Toelatingskomitee oorweeg word indien plekke beskikbaar is. Die Toelatingskomitee van die Fakulteit Geesteswetenskappe sal hierdie studente oorweeg sodra die uitslag van die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) beskikbaar is en onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke.
  • Die Fakulteit sal bevredigende resultate in die NBT beoordeel in die lig van sy onderneming om te verseker dat ‘n voldoende gedeelte aansoekers uit die histories benadeelde kategorie van die bevolking getrek word.
  • Aansoekers met 'n TPT van 30 maar wie nie aan die vakvereistes voldoen nie moet die NBT aflê.
  • Lewensoriëntering word uitgesluit wanneer die TPT bereken word.
  •  Vereiste vakke: Musiek met minstens ’n 4 as Graad 12- vak of Graad VII Prakties en Graad V Teorie (Unisa/Royal Schools/Trinity) asook kennis van musieknotasie.
 

Minimum vereistes vir 2016

Prestasievlak

TPT

Afrikaans of Engels

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

5

3

C

C

26

 

 

 

Addisionele vereistes

Departementele keuring is 'n vereiste vir toelating tot hierdie program.

Toelating is onderworpe aan toetse in die eerste instrument, musiekteorie en harmonie. Vlak 4 in Musiek as Graad 12-vak of Graad VII Prakties en Graad V Teorie (Unisa, Royal Schools, Trinity) – asook kennis van musieknotasie – dien as riglyn vir die verwagte standaard.

Ander programspesifieke inligting

Studente wat nie in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is nie, word vrygestel van VAG 110 en VAG 125.

Let wel:

  • MME 400 kan slegs geneem word as die eerste instrument klavier is.
  • MEI 403 is uitvoerende kuns, met ’n publieke konsert van 1 uur in die tweede semester
  • Die keuse van ’n instrument berus op die veronderstelling dat ’n geskikte dosent beskikbaar is. Die Universiteit aanvaar nie die verantwoordelikheid om so ’n dosent aan te stel waar die normale koste oorskry word nie.
  • Om tot MTI 100 (Tweede instrument) in enige instrument behalwe perkussie, orrel, klavesimbel of sang toegelaat te word, moet ’n student minstens Graad V Unisa of ’n vergelykbare standaard in dié instrument bereik het; in die geval van orrel, klavesimbel, perkussie en sang, geskied toelating volgens die diskresie van die departementshoof.

•     Praktiese musiek

 

Studente kies ’n eerste en ’n tweede instrument uit die volgende: sang, klavier, klavierbord, orrel, klavesimbel, viool, altviool, tjello, kontrabas, fluit, hobo, klarinet, fagot, Franse horing, trompet, tromboon, tuba, slagwerk, harp, kitaar, blokfluit, saksofoon en ensemble. Jazz en/of klassieke rigtings word toegelaat, volgens beskikbaarheid.

 

•    Bywoningsmodules

(i)    Bo en behalwe die modules wat in die leerprogram genoem word, is stu­dente verplig om die weeklikse voordragklasse en tweeweeklikse seminare by te woon.

(ii)   Studente wat orkesinstrumente as eerste instrument bespeel, moet in die UP-orkes of in ander ensembles speel – dit is ’n akademiese deel van die praktiese module. Studente moet uittreksels uit die Orkes- of tersaaklike ensemble-repertoire speel tydens die Junie- en Novembereksamens, en dit sal 10% van die totale punt tel. Daar word van studente verwag om ten minste 80% van die repetisies by te woon en om beskikbaar te wees vir konserte. Sien ook die betrokke modulebeskrywing.

(iii)  Onbevredigende bywoning van voordragklasse, seminare en orkesrepetisies kan volgens die diskresie van die departementshoof tot verlaging van studente se MEI-/MPM-jaarpunt lei.

Bevordering tot volgende studiejaar

Toelating tot die tweede studiejaar

Slaag minstens 108 krediete van musiekmodules op jaarvlak 1

Toelating tot die derde studiejaar

Slaag alle krediete op jaarvlak 1 (142 krediete) asook minstens 130 krediete van musiek-modules op jaarvlak 2.

Toelating tot die vierde studiejaar

Slaag alle krediete op jaarvlak 2 (155 krediete) asook min­stens 110 krediete van musiek-modules op jaarvlak 3.

Slaag met lof

Ten einde die graad met lof te verwerf, moet ’n student ’n geweegde gemiddelde van minstens 75% vir die modules op finalejaarsvlak behaal.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences