Code | Faculty |
---|---|
01130191 | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 4 jaar | Totale krediete: 633 |
Dr A Sooful [email protected] | +27 (0)124203111 |
Die program fokus op die hoofdissiplines in die beeldende kunste, nl skilder-, beeldhoukuns, grafiese drukkuns, tekenkuns en nuwe media, sowel as op die teorieë en konsepte van kuns. Kandidate kwalifiseer as professionele kunstenaars. Die program is gerig op die bevordering van ’n estetiese bewussyn binne die gemeenskap en die uitbouing en verdieping van visuele, kritiese en kreatiewe denke. Die program inkorporeer ook kunsbestuur, kunskommunikasie en -bemarking, digitale opleiding en die gebruik van ’n wye verskeidenheid van materiale, media en tegnieke.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 Junie jaarliks
Minimum vereistes vir 2016 | ||||
Prestasievlak | TPT | |||
Afrikaans of Engels | ||||
NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
5 | 3 | C | C | 30 |
Departementele keuring is nodig om vir hierdie program te kan registreer. Alhoewel kuns as Graad 12-vak nie ’n vereiste is nie, moet ’n kandidaat sy/haar kreatiewe potensiaal en toewyding tot die gekose veld van studie demonstreer ten einde te oorweeg te word vir die merietekeuring. Daar word derhalwe van kandidate verwag om ’n portefeulje van werk voor te lê vir meriete keuringsoorweging en, indien uitgenooi, om ’n reeks toetse af te lê, sowel as om ’n onderhoud te voer met ’n keuringspaneel. Kontak die koördineerder in hierdie verband. ’n Student wat hierdie program kies, moet gedurende die derde en vierde studiejare ses weke indiensopleiding, wat deur die koördineerder goedgekeur is, voltooi.
Studente wat nie in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is nie, word vrygestel van VAG 110 en VAG 125.
##Bevordering tot die tweede studiejaar
Slaag: BKK 100, VIT 100, VKK 111, 121, en 123.
##Bevordering tot die derde studiejaar
Slaag: BKK 200, VKK 211 en 222.
##Bevordering tot die vierde studiejaar
Slaag: BKK 300, VKK 311 en 321.
##Afwyking van hierdie vereistes mag deur die Dekaan op aanbeveling van die departementshoof goedgekeur word.
Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat minstens 75% in BKK 400 en VKK 401 behaal.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App