Code | Faculty |
---|---|
01242114 | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 130 |
Prof HJ Bosman [email protected] | +27 (0)124203111 |
'n Goedgekeurde driejarige baccalaureusgraad (of ander vergelykbare tersiêre kwalifikasie – met goedkeuring van die Senaat) met 'n kredietwaarde van 360 waarvan minstens 94 krediete verwerf is in 'n taal die linguistiek of 'n taalverwante dissipline en waarvan minstens 30 krediete op derdejaarsvlak moet wees.
'n Gemiddelde van minstens 65% in 'n taal, linguistiek of 'n taalverwante module op derdejaarsvlak.
Alle studente moet 'n verpligte Engelse taalvaardigheidstoets aflê.
Studente wat nie oor die nodige Engelse taalvaardigheid beskik nie moet vir die module TTS 751 Akademiese skryfvaardigheid registreer.
Let wel:
TTS 751 is ’n addisionele module tot die program en vervang nie enige kern- of keusemodules nie. Studente wat verkies om al hulle skryfwerk in Afrikaans te doen, hoef nie vir hierdie module te registreer nie, ongeag hulle prestasie in die Engelse taalvaardigheidstoets.
Studente mag, met die toestemming van die programbestuurder, een keusemodule uit een van die volgende programme by hul program insluit: BAHons (Afrikatale), BAHons (Afrikaans), BAHons (Duits), BAHons (Engels), BAHons (Frans), BAHons (Spaans), BAHons (Vertaling en Professionele Skryfwerk) en BEdHons (Kurrikulum- en Instruksionele Ontwerp en Ontwikkeling), op voorwaarde dat hulle voldoen aan die voorvereistes van die tersaaklike programme en modules.
.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App