Jaarboeke

Program: BAHons Afrikatale

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01240191 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 120
Contact:
Prof E Taljard
[email protected]
+27 (0)124202494

Toelatingsvereistes

’n Goedgekeurde driejarige baccalaureusgraad (of ’n ander gelykwaardige tersiêre kwalifikasie – met goedkeuring van die Senaat) (ter waarde van 360 krediete) waarvan minstens 94 krediete uit een van die Sotho- of Ngunitale afkomstig moet wees. Van hierdie 94 krediete moet 30 op derdejaarsvlak wees.

'n Gemiddelde van ten minste 70% in een van die Sotho- of Ngunitale op derdejaarsvlak
word vereis vir studente wat vir hierdie program wil registreer.
 
Bykomende vereiste
 
Alle studente moet ?n verpligte Engelse taalvaardigheidstoets aflê. Studente wat nie oor die nodige Engelse taalvaardigheid beskik nie moet vir module TTS 751 “Academic writing skills” registreer
 

 

Addisionele vereistes

'n Gemiddelde van ten minste 70% in een van die Sotho- of Ngunitale op derdejaarsvlak word vereis vir studente wat vir hierdie program wil registreer.

Alle studente moet ’n verpligte Engelse taalvaardigheidstoets aflê.

Studente wat nie oor die nodige Engelse taalvaardigheid beskik nie moet vir module TTS 751 “Academic writing skills” registreer.

Ander programspesifieke inligting

TTS 751 is ’n addisionele module tot die program en vervang nie enige kern- of keusemodules nie. Dit is nie ’n voorvereiste tot die program nie, maar word gelyklopend met die ander modules aangebied.

Studente mag met toestemming van die programbestuurder een keusemodule uit een van die volgende programme neem: BAHons (Toegepaste Taalstudie) of BAHons (Vertaling en Professionele Skryfwerk).


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences