Jaarboeke

Program: Nagr Sert in Hoër Onderwys Hoër Onderwys

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
09227050 Fakulteit Opvoedkunde
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 120

Toelatingsvereistes

  • 'n Baccalaureusgraad aan ? erkende universiteit; of
  • 'n Nasionale Diploma; of
  • 'n Nasionale Senior Sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes of ander gelykwaardige kwalifikasie, en ? ander M+3 kwalifikasie wat tesame met gepaste ondervinding, na oordeel van die Dekaan toelating tot die program regverdig.
  • Studente wat nie oor die nodige toelatingsvereistes (M+3) beskik nie, kan deur die voorlegging van ? portefeulje wat hulle werkverwante ervaringe uiteensit, die “erkenning van vorige leerervaringe (EVL)-roete” volg om vir toelating tot die program oorweeg te word. Hierdie portefeulje moet in oorleg met die pakketkoördineerder opgestel word en saam met die aansoek om toelating voor die sluitingsdatum ingedien word.

 

Ander programspesifieke inligting

Klasbywoning
Die onderwysersopleidingsprogramme van die Fakulteit Opvoedkunde is deur die Departement van Onderwys goedgekeur en geakkrediteer. Omdat die Fakulteit 'n hoë premie op die ontwikkeling van vaardighede en bekwaamhede plaas, is klasbywoning verpligtend vir onderwysstudente vir die volle duur van die opleidingsperiode soos deur SAQA (Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid) gespesifiseer.

Programaanbieding
Die NGSO bestaan uit 'n universiteitsgebaseerde leerkomponent (UBL) en 'n skoolgebaseerde leerkomponent (SBL). Die UBL-komponent word in die vorm van leerwinkels aangebied waartydens die studente 'n praktykteorie van en vir onderwys konstrueer. Vir die doel van die SBL-komponent word studente in twee vennootskapskole met verskillende samestellings vir 6 weke elk (12 weke in totaal) geplaas, waartydens hulle in die onderwyspraktyk betrokke raak terwyl hulle deur gekwalifiseerde mentoronderwysers en universiteitsmentordosente ondersteun en geassesseer word.

Eksamens en slaagvereistes

PPF 400 en PRO 410 en 420 word deurlopend en geintegreerd geassesseer aan die hand van bekwaamheidsgebaseerde kriteria. Assessering en terugvoering word deurlopend gedoen, sowel as aan die einde van die eerste semester. Aan die einde van die jaar word van die studente verwag om hul professionele groei deur middel van ‘n portfolio te demonstreer.

Spesiale eksamens in die Fakulteit Opvoedkunde
’n Finalejaarstudent wat ’n maksimum van drie semestermodules of die ekwivalent daarvan gedruip het en ’n finale punt van minstens 40% daarin behaal het, kan deur die Dekaan toegelaat word om gedurende Januarie van die daaropvolgende jaar ’n spesiale eksamen in sodanige module(s) af te lê, mits die student hierdeur aan alle vereistes vir die sertifikaat kan voldoen.

Slaag met lof

Ten einde die sertifikaat met lof te verwerf, moet ’n student ’n gemiddelde van 75% behaal, met ’n minimum van 70% in elke module.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences