Jaarboeke

Program: PGCE Grondslagfase-onderwys

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
09227011 Fakulteit Opvoedkunde
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 120

Programinligting

Die NGSO bestaan uit 'n universiteitsgebaseerde leerkomponent (UBL) en 'n skoolgebaseerde leerkomponent (SBL). Die UBL-komponent word in die vorm van leerwinkels aangebied waartydens die studente ’n praktykteorie van en vir onderwys konstrueer. Vir die doel van die SBL-komponent word studente in twee vennootskapskole met verskillende samestellings vir 8 weke elk (16 weke in totaal) geplaas, waartydens hulle in die onderwyspraktyk betrokke raak terwyl hulle deur gekwalifiseerde mentoronderwysers en universiteitsdosente ondersteun en geassesseer word.

Vakkeuses moet voor registrasie tydens ’n oriënteringsessie met die pakket-koördineerder uitgeklaar word.

Toelatingsvereistes

 

 

Addisionele vereistes

 

Grondslagfase Onderrig en Leer:

Engels geslaag op eerstejaarsvlak. Sielkunde en/of Opvoedkunde geslaag op tweedejaarsvlak. Enige EEN amptelike taal geslaag op eerstejaarsvlak anders as Engels. Voorkeur sal aan kandidate met bogemiddelde akademiese prestasie in hul eerste graad gegee word.

Ander programspesifieke inligting

Klasbywoning
Die onderwysersopleidingsprogramme van die Fakulteit Opvoedkunde is deur die Departement van Onderwys goedgekeur en geakkrediteer. Omdat die Fakulteit 'n hoë premie op die ontwikkeling van vaardighede en bekwaamhede plaas, is klasbywoning verpligtend vir onderwysstudente vir die volle duur van die opleidingsperiode soos deur SAQA (Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid) gespesifiseer.

Programaanbieding
Die NGSO bestaan uit 'n universiteitsgebaseerde leerkomponent (UBL) en 'n skoolgebaseerde leerkomponent (SBL). Die UBL-komponent word in die vorm van leerwinkels aangebied waartydens die studente 'n praktykteorie van en vir onderwys konstrueer. Vir die doel van die SBL-komponent word studente in twee vennootskapskole met verskillende samestellings vir 6 weke elk (12 weke in totaal) geplaas, waartydens hulle in die onderwyspraktyk betrokke raak terwyl hulle deur gekwalifiseerde mentoronderwysers en universiteitsmentordosente ondersteun en geassesseer word.

Eksamens en slaagvereistes

PPF 400 en PRO 410 en 420 word deurlopend en geintegreerd geassesseer aan die hand van bekwaamheidsgebaseerde kriteria. Assessering en terugvoering word deurlopend gedoen, sowel as aan die einde van die eerste semester. Aan die einde van die jaar word van die studente verwag om hul professionele groei deur middel van ‘n portfolio te demonstreer.

Spesiale eksamens in die Fakulteit Opvoedkunde
’n Finalejaarstudent wat ’n maksimum van drie semestermodules of die ekwivalent daarvan gedruip het en ’n finale punt van minstens 40% daarin behaal het, kan deur die Dekaan toegelaat word om gedurende Januarie van die daaropvolgende jaar ’n spesiale eksamen in sodanige module(s) af te lê, mits die student hierdeur aan alle vereistes vir die sertifikaat kan voldoen.

Slaag met lof

Die NGSO word met lof uitgereik aan die student wat 75% in elk van die Professionele ontwikkeling (PPF 400), Leerfasilitering (FCL 400) en die spesialiseringsmodule(s) behaal het, sowel as ’n gemiddelde van 75% in die ander modules.

Algemene inligting

Rekenaargeletterdheid
Die rekenaargeletterdheid van alle studente sal deur middel van ’n vaardigheids-toets bepaal word. Studente word aan die hand van hul prestasie in die rekenaargeletterdheidstoets in 'n bepaalde rekenaargeletterdheidsmodulegeplaas.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences