Modulekode | PMZ 422 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Module-inhoud | Hierdie module bestaan uit die uitvoer van ’n ingenieursprojek vanaf konsep tot aflewering. Die student moet bewys lewer dat hy/sy ’n mynbouingenieursprojek onafhanklik kan bemeester. Die module fokus op die formulering van ’n mynbouingenieursprobleem, die opstel van gepaste ontginnings metodieke, projekbeplanning en bestuur, en dan die uitvoer van ’n tegniese projek van gegewe aard. Studente moet 'n myn ontwerp op die vlak van 'n begrips-besigheid saak. Studente onvang 'n oppervlak plan en boorgat data waarvan 'n groep 3 – 5 studente 'n myn moet ontwerp. Die studente het toegang tot 'n mynbou-ingenieur in die bedryf vir leiding en advies. Die ontwerp moet bestaan uit 'n mineraalmark analise, myn-uitleg ontwerp, mynbou metode, oppervlak uitleg, omgewings-impakte van die myn, en 'n finansiële analise. Die ontwerp moet in boek-vorm ingehandig word, en elke student moet 'n aanbieding van die mynontwerp gee. |
Modulekrediete | 42.00 |
Programme | |
Voorvereistes | PMY 410, PSZ 410, PEE 410, PNB 400, Slegs finaliste |
Kontaktyd | 4 lesing per week |
Onderrigtaal | Engels |
Akademiese organisasie | Mynbou-ingenieurswese |
Aanbiedingstydperk | Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2023. All rights reserved.
COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal
To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]
Get Social With Us
Download the UP Mobile App