Modulekode | COS 314 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Module-inhoud | Die hoofdoel van hierdie module is om 'n inleiding vir 'n seleksie kunsmatige intelligensie (KI) onderwerpe te gee, en om studente te voorsien van `n agtergrond om KI-tegnieke te implementeer om komplekse probleme op te los. Die module sal onderwerpe uit klassieke KI, sowel as meer onlangse KI-paradigmas behandel. Die onderwerpe sluit in: soektogmetodes, speletjie-optimering, kennisvoorstelling en beredenering, masjienleer, neurale netwerke, genetiese algoritmes, kunsmatige lewe, beplanningsmetodes en intelligente agente. Gedurende die praktiese deel van die module sal studente kennis opdoen ten opsigte van die implementering van (1) spelbome en die evolusie van kunsmatigespelers; (2) 'n neurale netwerk en die toepassing daarvan by die oplossing van probleme in die hedendaagse werklikheid, sowel as (3) `n genetiese algoritme en om dit toe te pas om probleme in die hedendaagse werklikheid op te los. |
Modulekrediete | 18.00 |
Programme | |
Voorvereistes | COS 131 of COS 110 |
Kontaktyd | 2 lesing per week, 1 praktiese sessie per week |
Onderrigtaal | Engels |
Akademiese organisasie | Rekenaarwetenskap |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App