Jaarboeke

Program: MBinneargitektuur (Prof) Binneargitektuur(Prof)

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
12252007 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 120
Contact:
Dr R Konigk
[email protected]
+27 (0)124202095
Prof BP Jekot
[email protected]
+27 (0)124204052

Programinligting

Die Magister in Binne-argitektuur (Professioneel) word gedoen deur middel van ’n gedoseerde leergang, ’n ondersoekende ontwerp miniverhandeling en ’n ontwerpprojek en -diskoers.

Verwys na G Regulasies G.30 tot G.40 en G. 50 tot G.54.

Toelatingsvereistes

’n Kandidaat vir die graadprogram Magister in Binne-argitektuur (Professioneel):

(1) moet ’n gegradueerde met ’n BIntHons of ekwivalente universiteitsgraad wees;

of

(2) moet oor ’n toepaslike erkende tersiêre kwalifikasie op honneursvlak beskik;

of

(3) moet oor ’n kwalifikasie beskik wat deur die Departementshoof in oorlegpleging met die Dekaan as voldoende beskou word, (waar nodig) die toestemming van die Senaat verkry en enige ander voorgeskrewe vereistes nakom.

Daar kan van kandidate genoem in (2) en (3) hierbo, na die diskresie van die Departementshoof, vereis word om in voorvereiste kennisvelde geëvalueer te word en/of vir addisionele modules vir niegraaddoeleindes te registreer.

Kandidate genoem in (1), (2) en (3) hierbo:

(i) moet verkieslik oor praktiese ondervinding beskik en/of ’n uitgebreide studiereis onderneem en gedokumenteer het;

(ii) word aan ’n onderhoud vir keuring onderwerp;

(iii) moet ’n portefeulje en/of ontwerpjoernaal voorlê wat die vereiste vlak van vaardigheid en bevoegdheid demonstreer en wat as ’n rekord van sodanige kandidaat se ondervinding in die dissipline beskou kan word;

(iv) word volgens meriete gekeur.

Let wel: ’n Beperkte aantal kandidate word tot hierdie program toegelaat.

Ander programspesifieke inligting

Ontwerp-onderwerp

Die onderwerp waaroor die finale ontwerpprojek (DIT 803 & DPD 803) handel, moet deur die Departementshoof goedgekeur word.

Toekenning van graad

Die graad word aan ’n student toegeken wat die voorgeskrewe aantal krediete verwerf het. Studente wat op voorwaardes toegelaat is, moet aan al die voorwaardes voldoen voordat die volle 700-reeks modulekrediete en die graad toegeken word.

 

Eksamens en slaagvereistes

Die minimum slaagpunt is 50%. ’n Minimum van 40% word in die eksamen vereis, met ’n minimum finale punt van 50% om te slaag. Indien die module nie geëksamineer word nie, word ’n minimum slaagpunt van 50% vir kursuswerk vereis. Indien kursuswerk nie geëvalueer word nie, word ’n minimum slaagpunt van 50% in die eksamen vereis.

Navorsing

G Regulasie G.39.12 is van toepassing met betrekking tot die vereiste publikasie.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat met eerste registrasie in sowel die Ondersoekende ontwerp miniverhandeling (DIT 803) as die Ontwerpprojek en -diskoers (DPD 803) met onderskeiding (75%) slaag mits die graad binne die minimum voorgeskrewe tydperk voltooi en alle ander finalejaarmodules met eerste registrasie geslaag is.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences