Jaarboeke

Program: BScHons Toeg Wetens Toegepaste Wetenskap: Vervoerbeplanning

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
12243028 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 128

Programinligting

Die BScHons (Toegepaste Wetenskap)-graad word deur die volgende akademiese departemente toegeken:

  • Bedryfs- en Sisteemingenieurswese
  • Chemiese Ingenieurswese
  • Materiaalkunde en Metallurgiese Ingenieurswese
  • Meganiese en Lugvaartkundige Ingenieurswese
  • Mynbou-ingenieurswese
  • Siviele Ingenieurswese

Enige spesifieke module word aangebied op voorwaarde dat ’n sekere minimum getal studente daarvoor inskryf, soos bepaal deur die departementshoof en die Dekaan. Raadpleeg die betrokke departementshoof oor die samestelling van ’n sinvolle nagraadse studieprogram, asook oor die leerplanne van die modules. Raadpleeg ook die betrokke departementele nagraadse brosjures.

Toelatingsvereistes

‘n Toepaslike baccalaureusgraad, ‘n BTech-graad of gelykwaardige kwalifikasie.

 

Ander programspesifieke inligting

Die balans van die krediete moet gekies  word uit die voorgeskrewe modules vir die BIngHons (Vervoeringenieurswese)-program, met goedkeuring van die departementshoof, en na afhandeling van die toepaslike modules uit die lys soos uiteengesit.

Die modules CPB 410, CBI 410, en CSS 420 vorm nie deel van die nagraadse blokaanbiedings nie. Individuele reëlings moet getref word met die betrokke dosent met betrekking tot die bywoning van lesings, studiemateriaal, toetse en opdragte.

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences