Prof Vollie Spies ontvang die TuksSport toekenning vir Administrateur van die Jaar 2015

Posted on November 05, 2015

Baie geluk aan Prof Vollie Spies wat die TuksSport-toekenning vir Adminstrateur van die Jaar vir 2015 ontvang het.

Prof Spies is die afgelope 19 jaar ‘n lid van TuksAtletiek. Na haar aansluiting by die klub, het Prof Spies aanvanklik as ‘n vrywillige administrateur betrokke geraak. Sy is sewe jaar gelede as die Voorsitter van die TuksPadwedloop-komitee verkies. Die sterk groei in die lidmaatskap van die klub is ’n bewys van haar toewyding aan TuksAtletiek. Sy was ook invloedryk in die totstandkoming van die jaarlikse Bestmed Tukswedloop, wat vir die eerste keer in 2011 gehou is. Diegene wat by die wedloop betrokke is, beskou dit as een van die bes-geörganiseerde wedlope op die plaaslike jaarkalender.

As atleet het Prof Spies verskeie titels in haar ouderdomsgroep in die belangrike wedlope in Suid-Afrika gewen. Sy het ook aan verskeie internasionale padwedlope deelgeneem, onder meer aan marathonwedlope in New York, Berlyn, Londen, Sydney en Amsterdam.

- Author Liana le Roux

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences