En skielik was jy stil
In tere herinnering aan professor Heinrich Grebe
Jy was ‘n man van woorde,
’n kwarteeu lank het jy onverwyld
en wel ter tale
die oorsprong van jou sinne nagespoor.
Jy was my mentor,
het my vanslewe vermaan:
Begeer met blywende verstand,
nie vlees wat vergaan.
En skielik was jy stil –
verbete aan die veg,
jou woorde verorber
deur die verstand se verweer.
Woordeloos wens ek jou vaarwel
op jou reis na Babel, wetend:
Afrikaans is jou here
en Hollands jou god.
Welteruste, professor.
Shaun de Jager
Get Social With Us
Download the UP Mobile App