E-pos ons

FAQ
Virtual Campus

Waar om te begin - nuwe gebruikers

Alle nuwe gebruikers moet registreer:

Stap 1: Genereer jou PINkode

  • Teken aan op die Studente Portaal
  • Klik op TuksPrint
  • Kies “TuksPrint Account” opsie
  • Klik op die skakel om jou unike 5-syfer pinkode te genereer . Die pinkode sal ook per e-pos vir jou gestuur word.

Stap 2: Verifieer jou TuksPrintrekening-besonderhede

Terwyl jy by hierdie TuksPrint Account portal is. Let asb op

  • Jou amptelike e-pos wat met die  TuksPrintstelsel verbind is system. (Jy kan dit nie hier verander nie! Jy sal hierdie e-posadres moet gebruik om drukwerk aan [email protected] te stuur)
  • Jy kan jou TuksPrintrekening se balans hier vasstel. Indien dit nul is kan jy dit aanvul nadat jy jou studentekaart aan jou (onlangs gegenereerde) pinkode gekoppel het. Sien Stap 3 hieronder.
  • Teken uit.

Stap 3: Koppel jou studentekaart aan jou Pinkode

  • Gaan na die naaste Konica Minolta Multi-Funksionele Toestel (MFT). Raak die vertoonskerm en tik jou 5-syfer pinkode in
  • Sleep jou studentekaart deur die kaartleser met die magnetiese band na bo
  • Tik jou u-studentenommer en jou portaalwagwoord in
  • Teken uit sodra jy bevestiging ontvang

Stap 4: Deponeer geld in jou TuksPrintrekening

  • Jy moet geld in jou TuksPrintrekening beskikbaar hê om die stelsel te gebruik
  • Gaan na jou naaste Konica Minolta Dienstoonbank (Copy shop of jou naaste biblioteek)
  • Jy moet kontant en jou studentekaart vir die beampte aabied om in jou rekening te laai
  • Jy sal ‘n e-pos ontvang ter bevestiging van die transaksie

Jy is nou gereed om TuksPrint te gebruik!

- Outeur Dr Wimpie Beeken
Deel hierdie blad
Geredigeer deur Takalani MokoenaEdit