E-pos ons

FAQ
Virtual Campus

Welkom by die Skool vir Geneeskunde

Die Skool vir Geneeskunde aan die Universiteit van Pretoria het ontstaan vanuit die vorige Fakulteit Geneeskunde wat in 1943 gevestig is. Die eerste groep was 57 studente. Deur die jare het die klasse groter geword en departemente van verwante gesondheidsorg het deel van die Fakulteit geword. Met die vestiging van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe in 1999, het die Skool vir Geneeskunde een van vier skole geword.  Die ander skole is Tandheelkunde, Gesondheidsorgwetenskappe, en Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid.

Die huidige MBChB klas is 300 studente.

Die Skool vir Geneeskunde bied opleiding vir die volgende kursusse aan:

  • MBChB
  • MMed (in verskeie spesialiteite)
  • MPharm Med
  • MPhil (Filosofie & Etiek van Geestesgesondheid)
  • BClinical Medical Practice
  • MPhil (Pynbestuur)
  • Master of Early Childhood Intervention
  • BSc (Hons)
  • MSc
  • Doctor in Geneeskunde
  • Doctor in Filosofie 

Nagraadse diplomas in Huisartskunde asook Algemene Ultraklank word aangebied.

Besonderhede oor al die kwalifikasies kan op die webwerf gekry word deur die skakel vir Akademiese Programme te gebruik, in die Universiteit van Pretoria se jaarboek of op die webwerf vir voornemende studente.


Vind meer uit

Deel hierdie blad