E-pos ons

FAQ
Virtual Campus
BEKENDSTELLING – Albie Sachs and transformation in South Africa deur Drucilla Cornell en Karin van Marle met Albie Sachs.
12 Maart 2018

Die Spesiale Versamelingseenheid Boek van die Week hierdie week is:

Albie Sachs and transformation in South Africa deur Drucilla Cornell en Karin van Marle saam met Albie Sachs.

Emeritus Regter Albie Sachs was ‘n vryheidsvegter vir die grootste deel van sy lewe. Daarna was hy ‘n belangrike rolspeler in die onderhandelings vir ‘n nuwe grondwet vir Suid-Afrika en het ‘n posisie beklee in Suid-Afrika se nuwe Grondwetlike Hof.  Die oorgang van vryheidsvegter na deelnemer in die rewolusionêre regering is vir hom dus nie iets abstraks nie. In hierdie boek word die komplekse vraag gestel wat dit nou eintlik beteken om die oorgang te bewerkstellig sonder om ideale aan die werklikheid op te offer.

Katalogustoegang: https://UnivofPretoria.on.worldcat.org/oclc/856879235

Hierdie boek is beskikbaar by Spesiale Versamelings, gehuisves op vlak 5 van die Merensky 2 Biblioteek en is deel van ons Africana-versameling.

Die Spesiale Versamelingseenheid van die Departement Biblioteekdienste bewaar die biblioteek se skaars en waardevolle inligtingshulpbronne, maak hulle toeganklik vir studente, personeel en navorsers, en bewaar hierdie bronne vir toekomstige geslagte.

- Outeur Sonto Mabena en Nikki Haw
Deel hierdie blad
Geredigeer deur Primarashni GowerWysig
Albie Sachs and transformation in South Africa deur Drucilla Cornell en Karin van Marle.