E-pos ons

FAQ
Virtual Campus
Tweede semester 2018: Voorgeskrewe- en aanbevoleboeke inligting benodig
2 Maart 2018

Tweede semester 2018: Voorgeskrewe- en aanbevoleboeke inligting benodig

Die Departement Biblioteekdienste doen ‘n beroep op alle doserende personeel om voorgeskrewe- en aanbevoleboeke se data vir die tweede semester van 2018 nou in te voer.

 

Die Nevada databasis (http://www.nevada-cloud.com/) sal vanaf 5 Maart tot 28 April  2018 beskikbaar wees. Na die vervaldatum word die lys aan uitgewers, boekwinkels en die biblioteek bekend gemaak.

Belangrike inligting:

Voorgeskrewe titels is boeke wat deur studente aangekoop moet word. Dus word hierdie inligting aan die boekwinkels gestuur.

Aanbevole boeke word egter deur die biblioteek beskikbaar gestel. Boekwinkels ontvang dus nie hierdie inligting nie.

Dit word sterk aanbeveel, dat waar moontlik, e-boeke bestel word in lyn met die Universiteit en die biblioteek se beleid.

Ons doen ‘n beroep dat daar gehou word by die sluitingsdatum aangesien Nevada die lys sluit op 28 April 2018. Geen laat invoere sal dus moontlik wees nie.  

 
- Outeur Zenzile Msweli
Deel hierdie blad
Geredigeer deur Primarashni GowerWysig