E-pos ons

FAQ
Virtual Campus

TuksCareers

TuksCareers is 'n elektroniese platform wat studente en alumni die geleentheid gee om met potensiële werkgewers te kommunikeer en om toegang te kry tot vaardighede vir werkgereedheid. Hierdie elektroniese platform maak dit moontlik vir studente om 'n afspraak met Loopbaandienste te skeduleer vir raad oor loopbane, loopbaanbeplanning, voorbereiding vir psigometriese assessering en soeke vir werkgeleenthede. Studente en alumni kan potensiële werkgewers wat op die TuksCareers se databasis geregistreer is, sien, kennisgewings kry oor geleenthede wat deur Loopbaandienste en potensiële werkgewers aangebied word, vir werkgeleenthede soek en dit sien, toegang kry tot goeie hulpbronne wat hulle in staat sal stel om vir die wêreld van werk voor te berei, die vrae te sien wat dikwels gevra word en hulle eie vrae te kan vra.

Loopbaandienste maak gebruik van TuksCareers as kommunikasie om beskikbare werkgeleenthede vir studente te stuur en te adverteer en sal studente ook in kennis stel van loopbaanverwante werkswinkels wat deur Loopbaandienste aangebied word.

Werkgewers word genooi om die geleentheid te gebruik om toegang te kry tot UP se talent deur op TuksCareers te registreer.

Wees Rereed vir Werk met TuksCareers

Neem asseblief kennis dat indien jy vir ʼn pos by UP soek, gaan na [email protected].

Deel hierdie blad
Geredigeer deur Sean BooysenEdit