Universiteit van Pretoria / University of Pretoria
Fakulteit Geesteswetenskappe 
Departement Antieke Tale
Junior Lektor in Latyn en Mediese Terminologie
In die nastrewing van die ideale van uitnemendheid en diversiteit, word aansoeke vir die volgende pos ingewag.  Aansoekvorms is beskikbaar op die internet by:http://www.up.ac.za/personnel/employment/jobform.html

Die Universiteit van Pretoria se verbintenis tot kwaliteit maak ons een van die top navorsingsuniversiteite in die land en gee ons ’n mededingende voordeel in internasionale wetenskap-en tegnologie-ontwikkeling.

Pligte:
Die suksesvolle kandidaat sal:
• Modules in Latynse grammatika en letterkunde aanbied;
• Modules in Mediese Terminologie aanbied;
• Modules in Antieke Kultuurstudie aanbied;
•  Oor die toespaslike taal- en kommunikasievaardighede beskik.
• Bereid wees om na die behoefte van die Departement Antieke Tale ontplooi te word.

Minimum vereistes:
Die suksesvolle kandidaat
• Het ’n Magistergraad in Latyn / Antieke Taal- en Kultuurstudie;
• Beskik oor basiese doseerervaring;
• Het ’n bewese navorsingsvermoë;
• Is in staat om onafhanklik navorsing te doen.

Vir verdere inligting, kontak prof. Hennie Stander (012) 420 3658 of Mev Christa Kitching, (012) 420-4856.

Volgens UP-beleid en -riglyne wissel die vergoedingspakket vir ‘n Junior Lektor tussen ongeveer R181631 en R214 908 (mediese fondsvoordele uitgesluit).

Sluitingsdatum: 15 November 2009

Aansoeke op die voorgeskrewe aansoekvorm moet elektronies ingedien, of gerig word aan die Werwingskantoor. ’n Volledige CV moet die aansoek vergesel.

Geen Curriculum Vitae sal oorweg word as dit na die sluitingsdatum ontvang word nie, of as dit nie ten minste aan die minimum posvereistes voldoen nie.

Die Universiteit van Pretoria is verbind tot gelykheid,billike diensbetrekkinge en diversiteit.

Die Universiteit van Pretoria behou die reg voor om nie ’n aanstelling in die pos soos geadverteer
te maak nie.

Alle kandidate wat aan die aanstellingsvereistes voldoen word uitgenooi om aansoek te doen.

Ooreenkomstig die Gelyke Indiensnemingsplan van die Universiteit en die doelwitte en teikens wat daarin vervat is, mag voorkeur gegee word aan kandidate uit onderverteenwoordigende aangewese groepe maar word nie tot sulke kandidate beperk nie.

Klik hier vir die Engelse weergawe
Comments and enquiries/Kommentaar en navrae - humanres@up.ac.za