About TuksJeugRugby

TuksJeugRugby bied aan die rugbyspelende jeug van Pretoria en omgewing die geleentheid om hul passie vir rugby binne ’n professionele omgewing uit te leef. Baie goed gekwalifiseerde afrigters en beamptes laat die spelers se potensiaal en vaardighede tot die volgende hoër vlak ontwikkel.  

Indien rugby u kind se passie is en u wil u seun/dogter se rugbyvaardighede verder ontwikkel deur kwaliteit-rugbyafrigting en groter blootstelling en geleenthede, is TuksJeugRugby die regte plek om dit te doen.

Laerskoolspanne van o/7 tot o/13 en hoërskoolspanne van o/14 tot o/18 word geakkommodeer. TuksJeugRugby stel jaarliks o/8-bulletjies aan die 15-man kode bekend en maak hulle daarmee vertroud. Hierdie oorbruggingsfase tussen bulletjierugby en die 15-mankode van die spel is ideale voorbereiding vir die bulletjies vir skolerugby en die bewese waarde daarvan kan nie onderskat word nie. Die o/7-bulletjies speel 7-man ‘tag-rugby’ met baie fokus word op basiese vaardighede. Verder word die o/7’s in die proses aan jeugrugby bekend gestel.

TuksJeugRugby het ‘n sewesrugby afrigter aangestel spesifiek om sewesrugby vir dogters o/14 tot o/18.

Die eerste voorseisoense rugbykliniek vind op Saterdag, 5 Mei 2018 van 09:00 tot 11:00 op die A- tot E-velde van die UP-Sportkampus plaas. Die eerste amptelike oefeninge vir die 2018-seisoen begin in alle erns op Vrydag, 21 Julie 2018, ná die winterskoolvakansie, en sal weekliks op ’n Vrydagaand om 18:00 op die UP-Sportkampus plaasvind. Die jeugrugby-wedstryde sal Saterdag, 22 Augustus 2018 begin en die seisoen sluit af op Saterdag, 06 Oktober 2018. Alle wedstryde vind op Saterdae plaas.

TuksJeugRugby het ook ten doel om die spelers sodanig voor te berei dat hulle die geleentheid kry om in aanmerking te kom vir die onderskeie Blou Bulle-jeugspanne (o/13 tot o/18). Let wel: Spelers moet twee jaar agtereenvolgens by ’n klub geregistreer wees en aan jeugrugby deelneem ten einde vir Blou Bulle-jeugspanne in aanmerking te kom.

TuksJeugRugby se Registrasievereistes/-voorwaardes vir 2018 is:

  •  ’n Maksimum van 50 spelers sal in elke ouderdomsgroep geakkommodeer kan word.
    • Die redes hiervoor is:
      • TuksJeugRugby poog om op kwaliteitafrigting te fokus en te groot getalle kan dit maklik ondermyn.
      • Dit is logisties en prakties nie moontlik om weekliks vir meer as drie spanne wedstryde teen ander klubs te reël nie.
      • Dit verseker dat elke speler voldoende speelkans ontvang.
  • Registrasies funksioneer op ‘n “First Come, First Serve” basis.
  • Slegs registrasies waar AL die registrasiedokumentasie ingesluit is, sal aanvaar word. Sien lys van vereiste dokumentasie hieronder.
  •  Kontantbetalings word verkies en registrasiedokumentasie sal nie sonder kontantbetaling of bewys van EFT-betaling ontvang en aanvaar word nie. Die speler sal dus nie geregistreer word voordat al die dokumente en betaling ontvang is nie.
  • Registrasies vind plaas by die Registrasietafel (TuksJeugRugby-gazebo) aan die suidekant van die TuksRugby D-veld. Sien aangeheg die uitlegplan van UP Sportskampus.
  • Registrasiegeleenthede is:
    • 9 Maart (Vrydagaand 18:00 – 20:00), hoofsaaklik vir Hoërskool-spelers
    • 23 Maart (Vrydagaand 18:00 – 20:00), hoofsaaklik vir Hoërskool-spelers
    • 4 Mei (Vrydagaand 18:00 – 20:00), hoofsaaklik vir Hoërskool-spelers
    • 11 Mei (Vrydagaand 18:00 – 20:00), hoofsaaklik vir Hoërskool-spelers
    • 5, 12, 19 & 26 Mei - Tydens TJR-klinieke vanaf 09:00 – 11:00
    • 1 Junie (Vrydagaand 18:00 – 20:00), hoofsaaklik vir Hoërskool-spelers
    • 2, 9 & 16 Junie - Tydens TuksJeugRugby-klinieke vanaf 09:00 – 11:00
    • Laat registrasies sal tydens elke Vrydagaand se oefening vanaf 22 Julie – 22 September (18:00 – 19:30) plaasvind, mits daar nog plek in ’n bepaalde ouderdomsgroep is.
    • ONTHOU, Inskrywings is tot ’n maksimum van 50 spelers per ouderdom beperk               
    • “First Come, First Served”

Die volgende Registrasiedokumente word benodig ten einde u kind suksesvol te registreer:

  1. Registrasievorm - volledig ingevul.
  2. R700 in kontant of bewys van EFT-betaling voor die 31st Maart 2018. 
  3. Afskrif van speler se geboortesertifikaat.
  4. Afskrif van mediesefonds-kaart (indien aan fonds behoort).
  5. Afskrif van een ouer se ID-dokument.2 ID-foto's van speler (nuutste).
  6. Behaviour Management Policy CoC & DC Procedure (Teken slegs bladsy 18 &19). 
  7. BokSmart: Pre-Participation Questionnaire

Die Registrasievorm is aanlyn of by die Registrasietafel tydens geskeduleerde registrasiesessies, klinieke en oefeninge beskikbaar.

Die Registrasiefooi vir die 2018-seisoen (sluit klinieke in) is R700 as die speler folop betaald is voor die 31 Maart 2018. Betalings kan of via internet of in kontant by die Registrasietafel gedoen word.

Die bankbesonderhede is as volg:

   University of Pretoria
   ABSA Bank
   Hatfield branch
   Branch code: 632005
   Account number: 2140 000 038
   Swift code: ABSAZAJJCPT
   Reference: A04679 initials and surname e.g. A04679 J.Birch

Indien u nie die korrekte verwysing gebruik soos aangedui nie, kan Tuks nie u betaling opspoor nie. U kind sal dus ongeregistreer bly. Dit is dus u as ouer se verantwoordelikheid om aan die boggenoemde versoek te voldoen en u bewys van betaling te behou as bewys en ’n afskrif daarvan by die Registrasietafel saam met die ander vereiste dokumente in te dien.

U seun ontvang ’n Tuks of Niks T-hemp nadat die registrasieproses voltooi en die registrasiefooi betaal is. Die T-hemde is by die registrasietafel beskikbaar om aan te pas. Die Tuks of Niks T-hemp is verpligtend en moet op wedstryddae deur elke speler van TuksJeugRugby gedra word. Daar is ten minste een stel rugbytruie vir elke ouderdomsgroep beskikbaar en word voor en na wedstryde uitgedeel en weer ingeneem. Die spelers speel in wit rugbybroekies en is verpligtend. Geen ander kleur of broekies anders as wit rugbybroekies word toegelaat nie.

Ouers kan ook as Tuks Ondersteuners die Tuks of Niks T-hemp aanpas en bestel.

TuksYouthRugby is 'n sub-klub van die TuksRugby Club en funksioneer binne die reëls en regulasies van TuksRugby, TuksSport en die Universiteit van Pretoria.

 

 

 

BORGE

 
 

 

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences