Professor Fanie de Beer ontvang die Stalsprys vir Biblioteek- en Inligtingkunde

Posted on January 25, 2010



Volgens Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het prof. De Beer 'n buitengewone lang loopbaan van hoogstaande akademiese bydraes. Sy werk word gekenmerk deur oorspronklikheid en aktualiteit in 'n omgewing wat dikwels mank gaan daaraan en sy geskooldheid in beide die filosofie en die kommunikasie- en inligtingkunde stel prof. De Beer in staat om dikwels interdissiplinêr te werk.
Ons wens Prof. De Beer baie geluk met die ontvangs van hierdie toekenning wat as bewys dien van sy toewyding en harde werk.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences