E-pos ons

FAQ
Universiteit van Pretoria Argief en Vega: Bekroonde foto's geneem van die UP kampus
11 September 2015

Professionele fotograaf en dosent van Vega, Celeste McKenzie,  het deur die jaar vier praktiese werkswinkels jaar aangebied  en die  finale kompetisie beoordeel. Op Woensdag 9 September, is 'n uitgesoekte groep studente genooi na  'n toekenning seremonie waar die top foto's vertoon en pryse uitgedeel is. Celeste het die studente geprys vir  hul kreatiwiteit en die manier waarop hulle het daarin geslaag het om alle aspekte van die universiteitslewe vas te vang - van die formele lyne van die nuwe geboue op die kampus tot die vele fasette van  studentelewe.

Die eerste prys, wat 'n fotografiese werkswinkel geborg deur Vega insluit, is toegeken aan Heinrich Laue vir die beste algehele foto's. Heinrich se fotos het die Ingenieursgebou en kampusbeeldhouwerk vasgevang. Die tweede prys is toegeken aan Jeanne Emslie, met haar innoverende foto van kampus argitektuur. Met haar unieke uitbeelding van Ingenieurwese twee het Dane Smal die derde prys gewen.

Dit fotografiese werkswinkel en die kompetisie is veertien jaar gelede deur die UPA ingestel. Die Universiteit van Pretoria en sy studente trek voordeel op 'n aantal vlakke van hierdie fotografiese onderneming. Behalwe  vir die ongelooflike leer en kreatiewe geleenthede wat die werkswinkels vir die studente bied in terme van fotografiese vaardighede, vul hierdie foto's ook die UP Argief fotografiese versameling aan. Die foto's word bewaar deur die UPA personeel en beeld 'n verfrissende en kreatiewe weerspieëling van die kampus lewe uit die oogpunt van die studente vir die nageslag aan. Verder is hierdie foto's van so 'n hoë standaard dat dit  gereeld  gebruik word in publikasies, brosjures, navorsing verslae, nuusbriewe, op die web en uitstallings.

Die wen foto's word tans  uitgestal in die biblioteek se voorportaal. Die UPA sien uit na nog 'n jaar van buitengewone fotografie in 2016. Belangstellende personeel en studente kan reeds inskryf vir die werkswinkels by die UPA - [email protected]

- Outeur UP Argief
Deel hierdie blad
Geredigeer deur Alida GreenWysig
UPA en Vega fotografiewerkswinkel wenners aangewys