E-pos ons

FAQ

Welkom by TuksPrint

Hierdie webblad bevat inligting oor die nuwe TuksPrintdiens.

Dit is ‘n gerieflike en vinnige geïntegreerde drukkerstelsel, beskikbaar op alle kampusse, wat studente in staat sal stel om al hulle druk-, kopieer en skandeerwerk vanaf een unieke drukrekening, aanlyn en met mobiele toestelle te bestuur.

Na afloop van ‘n komprehensiewe aanwins- en tenderproses het die Universiteit van Pretoria ‘n kontrak met Konica Minolta South Afrika (KMSA) gesluit om multifunksionele toestelle (MFTs) te voorsien wat aan studente op alle kampusse van UP gevorderde funksionaliteit beskikbaar stel om dokumente te druk, skandeer of te kopieër.  Dit behels ook die verkryging van ‘n geïntegreerde bestuur- en betaalstelsel (YSoft) om die vorige twee betaalstelsels, Phonet en P-counter, te vervang.  Hierdie gekombineerde drukkerstelsel vir UP student staan bekend as TuksPrint.

Deel hierdie blad