Email us

Vroue in Wetenskap

Die Departement Wetenskap en Tegnologie (DWT) het oor die afgelope tien jaar die Vroue in Wetenskap-toekennings tydens Vrouemaand gemaak om saam te val met die landwye viering van vroue en hul prestasies.

Hierdie toekennings word gemaak aan vrouewetenskaplikes en -navorsers wat ’n besondere wetenskaplike bydrae tot die bevordering van wetenskap maak en die kennisinhoud van hul onderskeie vakrigtings uitbrei. Die kriteria vir die toekennings sluit die beoordeling in van die benoemdes se onderrrig- en navorsingservaring, navorsings- en innovasie-uitsette, nasionale en internasionale voortreflikheid en ervaring in studieleiding en mentorskap gerig op die bereiking van gelykheid en herstel.

UP se navorsers is oor die afgelope paar jaar deurgaans onder die ontvangers van die DWT se Vroue in Wetenskap-toekennings. Klik op die skakels hieronder om meer oor dié buitengewone UP-wetenskaplikes te wete te kom.

 

Deel hierdie blad
Geredigeer deur Zamandina MthembuEdit