Leiers in navorsing

Die Universiteit van Pretoria (UP) is die tuiste van vele van Afrika se belangrikste leiers in navorsing. Hierdie artikel bevat die profielsketse van ons navorsers wat deur die Nasionale Navorsingstigting (NNS) gegradeer is en vername eksterne toekennings ontvang het, van ons jong sterre en van ons uitnemende vroue in navorsing. Deur die volgehoue individuele en gesamentlike handelinge van ons navorsers is die Universiteit in staat om voortdurend sy identiteit as ’n vooraanstaande navorsingsintensiewe universiteit in Afrika uit te bou.

Die getal NNF-gegradeerde navorsers neem elke jaar toe en dit lewer bewys van die Universiteit se toewyding en die sukses waarmee hy voortreflike navorsers asook potensieel uitnemende jong navorsers lok en behou.

Die Universiteit heg groot waarde aan sy jaarlikse erkenning van uitnemende akademiese presteerders, opkomende sterre, vroue in navorsing en gevestigde navorsers wat plaaslik en internasionaal hoë aansien geniet.

NNS-gegradeerde navorsers

Besigtig A-gegradeerde navorsers
Besigtig alle NNS-gegradeerde navorsers
 

Vroue in Wetenskap 

Besigtig wetenskaptoekennings

Deel hierdie blad
Geredigeer deur Johanna GrieselEdit