E-pos ons

FAQ

Navorsing en innovasie

Die Departement Navorsing- en Innovasieondersteuning (DRIS) speel ʼn bemagtigende rol in die Universiteit van Pretoria se visie om as ʼn toonaangewende navorsingsintensiewe universiteit in Afrika erken te word. Dit vervul hierdie rol deur mense, hulpbronne en geleenthede te integreer, wat dit vir navorsers moontlik maak om in elke stadium van hul loopbaan te ontwikkel en uit te blink. Van die verkryging van befondsing en ondersteuning van ontluikende navorsers tot die skryf van kontrakte en beskerming van intellektuele eiendom, DRIS voorsien ’n kreatiewe en ondersteunende omgewing waarin navorsers van UP en vanuit die hele Suid-Afrika en die internasionale navorsingsgemeenskap tot die positiewe impak van navorsing op maatskaplike welstand kan bydra.

Die DRIS-portefeulje bestaan uit vyf dele:

  • Navorsingsondersteuningskantoor
  • Navorsingskontrakte- en Innovasiekantoor 
  • Internasionale Programme 
  • Navorsingskenkingsbestuur 
  • Nagraadse Ondersteuningsnaaf

 

Klik asseblief hier vir die kontakbesonderhede van die onderskeie afdelings en portefuljes van die Navorsingskantoor.

 
 

Deel hierdie blad
Geredigeer deur Johanna GrieselEdit