Navorsingsfokusareas


Om die internasionale en nasionale impak van die Universiteit se navorsing te maksimaliseer, word hulpbronne gekonsentreer in ’n aantal geselekteerde areas of Institusionele Navorsingstemas (INT’s). Hoewel hierdie INT’s voorop staan in die Universiteit se strategieë, word ander navorsingsinisiatiewe voortgesit ooreenkomstig dissiplinêre sterkte en navorsingskapasiteit. 

Die Universiteit beoog om internasionale sigbaarheid en erkenning te ontwikkel op areas van belang vir ontwikkelende nasies, veral dié in Afrika en in die globale Suide. Voorbeelde van breë terreine wat geïdentifiseer is, is ingenieurswese, fisiese en natuurwetenskappe, diere- en mensgesondheid, en onderwys. 

So beoog die Universiteit ook om aandag te gee aan kwessies soos die instelling van doeltreffende en regverdige regstelsels, maatskaplike geregtigheid, volhoubare landelike ontwikkeling, water- en voedselsekuriteit, sanitasie, energieverbruik, vervoer, munisipale bestuur, die bestuur van gesondheidstelsels en hospitale, en die verbetering van die doeltreffendheid van skool- en kollege-onderwys.

 

Deel hierdie blad
Geredigeer deur Zamandina MthembuEdit