Email us

Navorsingsprestasie

Die Universiteit van Pretoria word nasionaal en internasionaal erken vir die gehalte van sy navorsing en die omvang van sy navorsingsuitsette. UP 2025, die Universiteit se langtermynstrategie, is gebou op meer as 100 jaar van kundigheid, navorsing en openbare betrokkenheid in komplekse kontekste wat ambisieuse teikens en gefokusde aandag aan sommige van die knellendste uitdagings van die ontwikkelende en die ontwikkelde wêreld vereis.

Die jaarlikse navorsingsverslae en oorsigte vir onlangse jare bied 'n blik op sommige van die prestasies van die Universiteit oor tyd, terwyl UP se navorsingsnetwerke en vennootskappe die belangrikheid van samewerking in 'n toenemend globale en komplekse wêreld beklemtoon. Die Universiteit se Ekspertlesingreeks, 'n inisiatief van die Visekanselier en Rektor, toon die Universiteit se toonaangewende deskundiges se betrokkenheid by die publiek.

UP se biblioteke onderhou 'n uitgebreide institusionele bewaarplek van navorsing, asook van doktorale en meestersverhandelinge, wat 'n omvattende elektroniese argief is van die uitkomste van navorsing wat aan UP gedoen is en vir die publiek toeganklik is.

Deel hierdie blad
Geredigeer deur Ansa HeylEdit