E-pos ons

FAQ
UP-professor ontvang goue medalje van SAICE
6 Desember 2017

 

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurswese (SAICE) het sy hoogste eerbewys aan 'n paar van sy mees geëerde lede toegeken tydens sy prestigeryke 115de Presidentsinhuldiging, wat op 16 November by La Toscane in Monte Casino, Fourways, gehou is.

Professor Kevin Wall van die Departement Konstruksie Ekonomie aan die Universiteit van Pretoria het SAICE se Goue Medalje ontvang ter erkenning van sy uitstaande individuele bydrae tot die siviele-ingenieurswesebedryf en -professie. Hierdie toekenning is sedert dit byna 70 jaar gelede ingestel is, aan minder as twee dosyn mense gemaak.

Die toekenning verleen erkenning aan persone wat, as leiers in die professie, oor 'n aantal jare uitstaande bydraes tot siviele ingenieurswese in Suid-Afrika gelewer het, wesenlik tot die status van die ingenieursprofessie bygedra het deur voorbeeldige professionele gedrag en die vorming van 'n hoë reputasie vir professionele diens, en oor 'n aantal jare verdienstelike diens aan die Instituut gelewer het.

Prof Wall – 'n siviele ingenieur en stadsbeplanner met baie jare ondervinding as 'n senior konsultingenieur, munisipale beampte en navorser – het in 2014 afgetree by die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad (WNNR), waar hy by die bou-omgewing betrokke was. Hy is toe as buitengewone professor in die Departement Konstruksie Ekonomie aangestel. Prof Wall is ook 'n voormalige president van SAICE.

Die Departement is trots om die sukses van so 'n buitengewone professor te vier en om hom as lid van ons span te hê.

 

 

- Outeur Departement Konstruksie Ekonomie
Deel hierdie blad
Geredigeer deur Brumilda CarolsWysig
Professor Kevin Wall - onvanger van 'n goue madalje