E-pos ons

FAQ
City of Tshwane-bestuurder ontvang PhD by die Universiteit van Pretoria
13 September 2017

 

Op Woensdag, 6 September, het Moeketsi Mosola, bestuurder van die City of Tshwane, sy PhD in Menslike Bewegingskunde aan die Universiteit van Pretoria ontvang.

'Ek is baie trots daarop dat ek hierdie kwalifikasie aan die Universiteit van Pretoria voltooi het, aangesien dit die eerste tersiêre kwalifikasie is wat ek in my eie land verwerf het,' het Mosola, wat die eerste persoon in sy familie is wat hoërskool en universiteit voltooi het, gesê. Mosola het in sowel die privaat- as die openbare sektor gewerk. Sy akademiese prestasies sluit in ʼn MA in Ekonomie aan die Universiteit van Houston, Texas (VSA), en ʼn BA in Neurowetenskap en Sielkunde by Obedin College, Ohio (VSA).

Mosola hoop om sy kollegas te inspireer om hul studies voort te sit sodat hulle hul gemeenskappe beter kan bedien en om Tshwane-inwoners aan te moedig om in hulle tuisstad te studeer.

 

 

- Outeur Departement Universiteitsbetrekkinge
Deel hierdie blad
Geredigeer deur Brumilda CarolsWysig
Dr Moeketsi Mosola