E-pos ons

FAQ
Paraplegiese man ontvang meestersgraad te danke aan vrou se steun
12 September 2017

 

Thabang Malapela het op Donderdag 7 September 2017 'n Magister in Publieke Administrasie ontvang.

Malapela moes noemenswaardige struikelblokke te bowe kom om hierdie graad te behaal, aangesien hy in 2008 in 'n ongeluk betrokke was nadat die bestuurder beheer oor hul voertuig verloor het. Thabang se nek en ruggraat is gebreek en hy het 'n parapleeg geword. Hy is sedertdien in 'n rolstoel en het beperkte gebruik van sy hande. Sy vrou, Daphney Malapela, het met hom kampus toe gery en langs hom gesit regdeur sy studie en namens hom aantekeninge gemaak.

Daphney was langs hom toe hy die graad ontvang.

'Die steun wat ek van my vrou gekry het, is onvergelykbaar, want baie mense sal dit nie met 'n verlamde persoon soos ek kan uithou nie. Hulle sal my as 'n las beskou, maar Daphney het my gesteun,' sê Malapela. Die egpaar is al 25 jaar getroud en het drie kinders.

Malapela werk tans as direkteur van ongeskiktheidsregte by die Stad Tshwane. 

 

 

- Outeur Departement Universiteitsbetrekkinge
Deel hierdie blad
Geredigeer deur Liesl OosthuizenWysig
Thabang Malapela