Arbeidshofbevel
19 Mei 2017
 

Op Vrydag 19 Mei 2017 het NEHAWU-lede met 'n staking en protesaksie op die Universiteit van Pretoria se Hatfieldkampus begin.

Deur die loop van die dag, het stakende NEHAWU-lede toegang tot die Hatfieldkampus verkry.

Die stakende NEHAWU-lede se optrede was teenstrydig met die protesaksiereëls wat op 12 Mei 2017 onder die vaandel van die KVBA ooreengekom is. 

Die hulp van die SAPD moes ingeroep word om die veiligheid van UP studente, personeel en eiendom te verseker en om die situasie onder beheer te hou.

'n Dringende Arbeidshofbevel is verkry om NEHAWU-lede van onregmatige optrede te weerhou.

'n Afskrif van die hofbevel is hier beskikbaar.

Die Uitvoerende Bestuur van die Universiteit bestuur die situasie aktief en UP studente en personeel sal van enige verdere verwikkelinge in kennis gestel word.

 

 

- Outeur Universiteitsbestuur
Deel hierdie blad
Geredigeer deur Ansa HeylWysig