E-pos ons

FAQ
Protes-aksie: Nuutste inligting Sondag 17 Januarie 2016
17 Januarie 2016

Hierdie is die nuutste inligting rakende verwikkelinge rondom betogers se eise vir die inkontraktering van kontrakwerkers.

Na die beslegting van geskille met betrekking tot die samestelling van die Universiteit se Kommissie op inkontraktering, was daar 'n lang vergadering op Saterdag 16 Januarie. Ongelukkig is geen ooreenkoms bereik nie.

Die betogers het onmiddellike inkontraktering van alle kontrakwerkers en 'n minimum salaris van R10 000 per maand geëis. Die Universiteit het 'n voorgestelde gefaseerde benadering tot die inkontraktering van dienste, wat verband hou met die verstryking van die bestaande kontrakte ter tafel gelê en in die tussentyd ingestem om 'n "top up" van die bestaande salarisse te implementeer. Dit is in lyn met soortgelyke ooreenkomste by verskeie ander universiteite soos Wits en UJ. Ongelukkig, is hierdie voorstelle verwerp deur die werkers en studente se verteenwoordigers.

Daar is verskeie komplekse kwessies om te oorweeg, insluitende die feit dat die Universiteit lang termyn wetlike kontrakte met diensverskaffers het wat, as dit gekanselleer sou word, beduidende finansiële boetes tot gevolg sou hê.

Nietemin, bly ons verbind daartoe om voort te gaan met die Kommissie op inkontraktering en 'n verdere vergadering van die Kommissie is geskeduleer.

Omdat toegang tot die ingange na die Universiteit belemmer word deur protesaksie en dreigemente van intimidasie en geweld voortgaan, sal die Universiteit gesluit bly. Aanlynregistrasie gaan voort en ons kommunikeer direk met ouers en studente. Die personeel en studente portale kan geraadpleeg word vir die jongste inligting.

 

- Outeur Departement Universiteitsbetrekkinge
Deel hierdie blad
Geredigeer deur Ansa HeylWysig