E-pos ons

FAQ
Universiteit gesluit op 13 Januarie 2016
12 Januarie 2016

Op Dinsdag 12 Januarie 2016 het protes-aksie teen die uitkontraktering van dienste by die Universiteit van Pretoria voortgegaan. Die protes-aksie vorm deel van ’n nasionale veldtog wat ook ander tersiêre instellings in Gauteng geraak het.

Deur die loop van die dag het studente van ander instellings as UP en kontrakwerkers van ander instellings toegang tot die Hatfieldkampus verkry.

'n Dringende hofbevel is verkry om protesteerders van verdere onwettige aksie te weerhou ten einde die situasie onder beheer te bring en om studente wat hard gewerk het vir hulle plek by die Universiteit, en wat dikwels ook van ver af gereis het, toe te laat om met die registrasieproses voort te gaan.

Aanlynregistrasies verloop steeds volgens skedule.

Samesprekings tussen UP-bestuur en die onderskeie belangegroepe gaan voort om ’n ooreenkoms aangaande die inkontraktering van dienste te bereik. Die Universiteit werk ook nou saam met die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding om die situasie op te los.

Die Universiteit sal op Woensdag 13 Januarie 2016 gesluit wees vir UP personeel en studente.
 
- Outeur Departement Universiteitsbetrekkinge
Deel hierdie blad
Geredigeer deur Ansa HeylWysig