E-pos ons

FAQ
Voortgesette protesaksie
12 Januarie 2016
In die lig van die voortgesette protesaksie by verskeie universiteite in Gauteng, is die Universiteit van Pretoria vandag, Dinsdag 12 Januarie 2016, gesluit om die veiligheid van personeel, studente en eiendom te verseker. Protesaksie teen uitkontraktering het gister by die Universiteit begin.
 
Gesprekke tussen UP-bestuur en die verskillende rolspelers gaan voort ten einde 'n ooreenkoms met betrekking tot die uitkontraktering van dienste te bereik.
 
Studente kan steeds aanlyn registreer.
- Outeur Departement Universiteitsbetrekkinge
Deel hierdie blad
Geredigeer deur Ansa HeylWysig