E-pos ons

FAQ
Studenteprotes by UP: Die jongste inligting
22 Oktober 2015

Tuks-studente het op 21 Oktober 2015 aangesluit by die nasionale veldtog oor studiefooie met vreedsame demonstrasies op die Hatfield-kampus.

Die Vise-Kanselier en Rektor was op 21 Oktober 2015 op die kampus teenwoordig om die studente se memorandum met eise te ontvang. Sy het die studente op twee geleenthede in die dag te woord gestaan. Die Universiteitsbestuur het sy toewyding verklaar om die huidige probleme binne sy beheer op te los en het ingestem om op 22 Oktober 2015 ’n afvaardiging van die protesterende studente te ontmoet vir konstruktiewe gesprekke.

Die Universiteit het sy akademiese aktiwiteite opgeskort vir die res van die week en sy akademiese program geherskeduleer om lesings, toetse en eksamens te akkommodeer sodat studente se akademiese verpligtinge nie benadeel word nie. Die Bestuur vra om verskoning vir enige ongerief in dié verband.

Die huidige kwessies is ’n nasionale probleem en buite die alleenbeheer van die Universiteit van Pretoria.

Die Vise-Kanselier en Rektor werk saam met die regering om ’n oplossing te bereik en sal ook deelneem aan die Presidensiële Werkgroep om ’n oplossing te vind.

 

- Outeur Departement Universiteitsbetrekkinge
Deel hierdie blad
Geredigeer deur Ansa HeylWysig