E-pos ons

FAQ
Jongste nuus: Studiegelde van die Universiteit van Pretoria
21 Oktober 2015

Die Universiteit van Pretoria het vanoggend ingestem tot die planne om 'n 6%-verhoging in klasgelde te implementeer in die lig van die ooreenkoms wat gister met die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Dr Nzimande, bereik is.

Verder sal daar van studente wat in 2016 wil registreer, verwag word om 'n registrasiefooi te betaal. Hierdie registrasiefooi word afgetrek van die totale studiegelde vir die jaar. Studente wie se studies deur 'n derdeparty betaal word, soos 'n finansiële instelling of 'n voornemende werkgewer, word kwytgeskeld van die betaling van die aanvanklike fooi. Studente wat vir NSFAS kwalifiseer, word ook kwytgeskeld van betaling van die fooi.

Die Universiteit het intussen 'n memorandum met eise van studente ontvang wat tans deur die Bestuur bestudeer word met die oog daarop om so gou moontlik terugvoer aan hulle te kan verskaf.

 

Prof Cheryl de la Rey
Vise-Kanselier en Rektor

 

- Outeur Departement Universiteitsbetrekkinge
Deel hierdie blad
Geredigeer deur Ansa HeylWysig