E-pos ons

FAQ

Welkom nuwe studente

 

Prospective students at UP
Admitted UP students
Prospective students at UP
Admitted UP students

 

Welkom by die Universiteit van Pretoria, waar leiers gevorm word en groot drome verwesenlik word. Die universiteit se oorsprong strek so ver terug as 1908 en het met rasse skrede gegroei tot die welbekende instansie wat dit vandag is. Ons toewyding aan akademiese uitnemendheid het deur die jare verseker dat ons graduandi die wye wêreld kan ingaan, toegerus om ‘n verskil te maak.

As ‘n nuwe of voornemende student sal jy gou die trots om ‘n lid van TuksAlumni te wees verstaan. Buiten uitmuntende onderrig sal jy ook aan studente van alle agtergronde en ‘n verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite blootgestel word, wat vriendskappe help smee en karakter bou. Ander geleenthede soos studiebeurse by die Universiteit van Pretoria is geredelik aan toppresteerders beskikbaar, sowel as uitruilgeleenthede vir studente wat die lewe in ‘n ander land wil ervaar.

 

 

Deel hierdie blad