E-pos ons

FAQ

Doen aansoek by die Universiteit van Pretoria

Indien jy reeds besluit het om te studeer, is dit nou die regte tyd om dit te laat gebeur, want jy is reeds een stappie nader aan die vestiging van 'n suksesvolle loopbaan.

Doen aansoek Sluitingsdatums Meer inligting

 

Die Aanlynaansoekstelsel is bedoel vir gebruik deur nuwe voornemende studente wat vir die eerste maal by UP aansoek doen. Dus is die stelsel nie ontwerp vir huidige geregistreerde UP-studente nie.

Om van die Aanlynaansoekstelsel gebruik te maak, moet jy oor die volgende beskik:

  • toegang tot die internet 
  • 'n e-posadres waartoe jy gereeld toegang het, omdat jy 'n studentenommer (EMPLID) per e-pos sal ontvang as bewys van die ontvangs van jou aanlynaansoek sodra jy die aanlynaansoek indien.

Klik op die videoskakel hieronder vir vir 'n stap-vir-stap gids oor hoe om die aanlyn aansoek stelsel te gebruik.

Instruksies vir die Aanlynaansoekstelsel

 

Algemene aansoekinligting

  • Aansoeke open op 1 Maart van die jaar wat die studiejaar voorafgaan.
  • Elke student moet slegs een aanlyn aansoek voltooi. Op die aanlyn aansoek bied die Universiteit van Pretoria 'n eerste en 'n tweede keuse ten opsigte van 'n studierigting. Aansoekers moet asseblief beide 'n eerste sowel as 'n tweede keuse op die aanlyn aansoek invul.
  • Sodra jou aanlyn aansoek verwerk is, sal jy ‘n studentenommer (EMPLID) ontvang.
  • Die ontvangs van 'n studentenommer (EMPLID) beteken NIE noodwendig dat jy aanvaar is as student by die Universiteit van Pretoria nie. Toelating is 'n ander proses as die aansoekproses. Jou aansoek gaan eers deur die fakulteit waarin jy wil studeer geëvalueer word.
  • Dit is in jou eie belang dat jy self jou aanlyn aansoek voltooi. Die Universiteit van Pretoria maak nie tydens die aansoekproses van verteenwoordigers, agente of agentskappe gebruik nie. Sou jy verkies om van verteenwoordigers, agente of agentskappe gebruik te maak, doen jy dit op eie risiko. Dit is van kardinale belang dat jy jou persoonlike e-pos- en posadresse voorsien sodat die Universiteit van Pretoria direk met jou kan kommunikeer. 
  •  Aansoek om Toelating tot Afstandsonderrig (Fakulteit Opvoedkunde): Besoek asb eers die "Afstandsonderrig" webbladsy voordat jy aansoek doen. Ander reëls is van toepassing.
  • Dit is belangrik om daarop te let dat indien jy graag studie wil onderneem in die keuringsprogramme BSc(Arch)(Argitektuur) of BSc(Int)(Binne-argitektuur), jy hierdie programme as jou eerste keuse op jou aanlyn aansoek moet aandui, anders sal jy nie vir hierdie programme oorweeg word nie. Dit word ook aanbeveel dat ander keuringsprogramme as jou eerste keuse op die aanlyn aansoek aangedui word. 
 

Deel hierdie blad
Geredigeer deur Susanna van der MerweEdit