E-pos ons

FAQ
Bemarking-studente ‘skakel oor van met die hand na digitaal’ vir Bosch SA
7 September 2017

Die Bemarkingsbestuur-honneursstudente het op 2 Augustus 2017 hul eerste kliënte-uitdaging in die Strategiese Bemarking-module gekry. Ná twee weke se harde werk en toewyding, het al die spanne hul idees vir ʼn trekbemarkingsveldtog aan ʼn Bosch-verteenwoordiger voorgehou. Die trekbemarkingsveldtog behels dat studente gebruikers wat handmeettoestelle gebruik oortuig om na digitale meettoestelle oor te skakel, spesifiek die laserafstandsmeter GLM 20, deur by verskillende punte op die gebruiker se reis in te skakel.

Bosch se kraggereedskap is bekend vir spoed, presisie en krag. Al die studentespanne het hul beste voetjie voor gesit om unieke, weldeurdagte idees voor te lê, en het die handelsmerk en die produkte goed in hul onderskeie voorleggings vasgevang. ʼn Paar het selfs so ver gegaan as om soos hul teikenmark aan te trek en rolspel in hul voorleggings by te werk, om sodoende die voordele van die produk ten toon te stel. Party het ook video’s van die klant se reis gemaak.

Span Megafied het uit Rejoice Mokoena, Tania Louwies, Kelly Lazurus, Tania Mansfield, Tyler Vermaak en Thabiso Phaladi (voor) bestaan.

Span Elazer het hulself oortref en het uit Daniella Rodrigues, Felicia Howard, Thabang Modiba en Kutlwano Makume bestaan

Hoewel al die spanne die uitdaging te bowe gekom het, was daar drie spanne wat bo die ander uitgestaan het. Hartlike geluk aan span Straightforward Marketing, met hul veldtog ‘Out with the old, in with the new’ wat die Bosch-uitdaging gewen het. Die tweede en derde plekke het aan span ALT met ‘Be a Bosch guy’ en span LaserSmart met hul ‘Ditch and Switch’-veldtog gegaan.

Mnr Sebastian Johannes van Bosch het die volgende kommentaar op die studente se voorleggings gelewer: “Ek is beïndruk met die studente se kreatiwiteit en die moeite wat hulle met die visuele elemente gedoen het om hul idees ten toon te stel.”

Opregte dank aan Bosch, wat aan die studente hierdie geleentheid gebied het om met so ʼn prestige handelsmerk te werk, en dat hulle die tyd geneem het om na die studente te luister en met hulle te deel.

- Outeur Departement Bemarkingsbestuur
Deel hierdie blad
Geredigeer deur Liesl OosthuizenWysig
Die wenspanne saam met mnr Sebastian Johannes van Bosch (voorste ry, derde van links) en die dosent prof Melanie Wiese (agterste ry, vierde van regs)