E-pos ons

FAQ
DTSA wen top MACE 2017-toekennings
6 Desember 2017

 

Dit is met uiterste trots dat ons aankondig dat die UP Skoolleierskonferensie en die JuniorTukkie-toep, wat albei projekte van die Afdeling Studentewerwing van die Departement Toelating en Studenteadministrasie (DTSA) is, toptoekennings ontvang het tydens die jaarlikse MACE (Bemarking, Bevordering en Kommunikasie in Onderwys)-toekenningseremonie wat op Donderdag 30 November by die Johannesburgse Country Club gehou is.

Die MACE-toekennings het aan die span 'n geleentheid gebied om hulself met ander rolspelers in hoër onderwys in Suid-Afrika te meet. Hierdie twee toptoekennings ter erkenning van uitstaande prestasies deur praktisyns op die gebied van hoër, tegniese en loopbaangerigte onderrig en opleiding is 'n besondere prestasie en bevestig die Universiteit van Pretoria se status as 'n instansie van uitnemendheid.

Goue Toekenning vir Uitnemendheid: UP Skoolleierskonferensie
Toegeken in Afdeling 1: Veldtogte in die kategorie Studentewerwing, ingeskryf deur dr Pieter Clase, Senior Assistentdirekteur: Werwing. Die UP Skoolleierskonferensie (2016) het die hoogste punte in hierdie kategorie behaal en is daarvoor met die goue toekenning beloon.

Platinumtoekenning vir Uitnemendheid: DTSA JuniorTukkie App
Toegeken in Afdeling 2: Media in die kategorie Mobiele Toeps, ingeskryf deur me Martie Kilian, Senior Projekbestuursbeampte. Al die wenners van goue toekennings in hierdie kategorie het meegeding om die platinumtoekenning, wat deur die die JuniorTukkie-toep verower is.

DTSA wil graag al die personeellede wat by hierdie projekte betrokke was, bedank dat hulle dit vir die Universiteit van Pretoria moontlik gemaak het om hierdie lofbetuigings te ontvang.

 

 

- Outeur Martie Kilian
Deel hierdie blad
Geredigeer deur Buyisiwe NkonyaneWysig
Mnr Petrus Lombaard, mev Martie Kilian en mnr Wallace Isaacs