E-pos ons

FAQ
UP enigste SA universiteit in top vier wat BRICS-gradering verbeter het
23 November 2017

 

Volgens die QS BRICS University Rankings wat gisteraand gepubliseer is, is die Universiteit van Pretoria (UP) nou een van die top 40 universiteite in die BRICS-streek. UP het sy algehele posisie in Suid-Afrika van die vierde plek verlede jaar tot derde vanjaar verbeter. Met 'n algehele gradering van 38 vir die streek het UP sy vorige posisie met 'n reusesprong van 11 plekke verbeter.  

UP is ook die Suid-Afrikaanse universiteit met die grootste getal personeellede met PhD's en is, wat werkgewerreputasie betref, in die tweede plek in Suid-Afrika geplaas. Dit is 'n duidelike demonstrasie van die gehalte van die onderrig en navorsing by dié instansie. Ten opsigte van werkgewerreputasie beklee UP die 19de plek in die streek.

'UP se gradering weerspieël die mate waarin die Universiteit die klem plaas op die voorbereiding van studente met die oog op aanstelbaarheid, terwyl hy terselfdertyd uitnemende onderrigprogramme aanbied en wêreldklas-navorsingsresultate handhaaf. Ons is baie trots op al ons personeellede en studente se harde werk en hul verbintenis tot gehalte,' sê prof Anton Stroh, Viserektor: Institusionele Beplanning by UP.

 

 

- Outeur Departement Universiteitsbetrekkinge
Deel hierdie blad
Geredigeer deur Ansa HeylWysig