E-pos ons

FAQ
2017 TuksSport: Kleure en Toekennings
24 Oktober 2017

 

In 2017 het die Universiteit van Pretoria die standaard van universiteitsport tot nuwe hoogtes gevoer deur ses van die Varsity Sportbeker-wedstryde en nege van die USSA-toernooie te wen.

By die TuksSport-kleure en –toekenningsplegtigheid op 18 Oktober 2017 is 368 atlete en sportbeamptes in die  Rembrandtsaal op UP se Sportkampus vereer.

By dié glansgeleentheid het die roeier Kirsten McCann en die naelloper Akani Simbine onderskeidelik die toekennings vir Sportvrou en Sportman van die Jaar ontvang.

Vir McCann, die 2016 Rio Olimpiese kampioen, wat ook lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Roeispan is, was 2017 'n skitterende jaar. In April 2017 het sy 'n goue medalje ingepalm by die Suid-Afrikaanse seniorkampioenskappe; sy het ook 'n goue medalje  in Oos-Londen ontvang by die swaargewig vroueskulroeiwedren (WA1x).  Hierdie prestasie is gevolg deur 'n goue medalje by die LW1x-byeenkoms by World Rowing Cup 3 in Luzern, Switserland. Hierdie toegewyde roeier het Suid-Afrika in September 2017 by die Wêreld-roeikampioenskappe in Sarasota, Florida in die VSA, verteenwoordig waar sy weer eens met 'n goue medalje beloon is. Die Tuks-roeier het geskiedenis gemaak as die eerste Suid-Afrikaanse en Afrika-vroulike roeier wat met 'n individuele wêreldtitel bekroon is.    

Akani Simbine het sy uitstaande posisie in atletiek bevestig. Die TuksAthletics-naelloper het die pas aangegee tydens die Atletiek Gauteng-Noord (AGN)-kampioenskap  toe hy goud in 9,92 sekondes gewen het in die 100-meternaelloop, nadat hy 'n paar weke vroeër 'n sub10-sekondesoorwinning in die 100-meter en sub20-sekondesoorwinning in die 200-meterwedrenne  behaal het in 'n liga-wedstryd. Hy is slegs die sewende persoon wat hierdie mylpaal bereik het. Die Baccalaureus Inligtingswetenskappe-gegradueerde het agt keer onder die magiese 10-sekondeperk gehardloop, met sy beste prestasies van die seisoen 9,92 sekondes in die 100-meterwedloop en 19,95 sekondes in die 200-meterwedloop. Simbine het eerste gekom by die Diamond League-kampioenskap in Doha, Qatar. Sy goue medalje is gevolg deur twee bronsmedaljes in die Diamantliga-wedlope in Lausanne, Switserland, en Monaco. By die IAAF-wêreldkampioenskappe het hy in 'n fenomenale vyfde plek in die gesogte mans se 100-metereindstryd geëindig.

Ongeveer 30 TuksSport-atlete en personeel het die Suid-Afrikaanse span ('Team South Africa') verteenwoordig by die 29ste Somer-Universiade (Wêreldstudentespele) in Taipei van 19 tot 30 Augustus 2017. Die 'Stripe generation' het geseëvier in die Varsity-beker, en in Varsity Young Guns, Varsity-atletiek, Varsity-hokkie (vroue), Varsity-voetbal (mans) en Varsity-netbal.

Mnr Toby Sutcliffe, waarnemende direkteur van TuksSport, glo dat 2017 'n uitsonderlike jaar vir TuksSport was vanweë hul kultuur van uitnemendheid. 'By TuksSport is ons bewus daarvan dat talent nie voldoende is nie as dit nie aangedryf word deur 'n meedoënlose drang om die beste te wees en hierdie drang verder aangevuur word deur 'n verbintenis  tot uitnemendheid in alle aspekte van jou voorbereiding en deelname.'

Enkele hoogtepunte van 'n uiters geslaagde jaar vir TuksSport:

  • Nege USSA-goue medaljes vir landloop, strandvlugbal, skaak, krieket, gholf, hokkie (vroue), judo, swem en roei.
  • Vier-en-tagtig senior nasionale Protea-verteenwoordigers.
  • Sewe nasionale afrigters en bestuurders.
  • Sewentig Nasionale Federasie- en Ouderdomsgroepverteenwoordigers .
  • Vier-en-veertig UP-studente  gekies vir USSA nasionale spanne.
  • Honderd-drie-en-sestig  senior verteenwoordigers.

2017 TuksSport: Kleure en Toekennings:

  • Studentesportadministrateur van die Jaar: Boyani Mphasha (Studentesportkomitee).
  • Administrateur van die Jaar: Paul de Beer (Aikido).
  • Studentesportvrou van die Jaar: Nicole van Wyk (Roei).
  • Studentesportman van die Jaar: Thando Roto (Atletiek).
  • Afrigter van die Jaar – Spansport: Inky Zondi (Hokkie).
  • Afrigter  van die Jaar – Individuele sport: Llewellyn van Leeuwen (Gholf).
  • Sportspan van die Jaar: TuksRoei se USSA-span (Roei).
  • Studentesportklub van die Jaar: TuksRoei.
  • Sportklub van die Jaar: TuksKrieket.
  • Rektor se Toekenning vir Uitnemende Prestasie, beide Akademies en in Sport: Izelle Verster (Hokkie).
  • Rektor se Toekenning vir Uitnemende Prestasie deur 'n Span wat die Universiteit by  Intervasity-wedstryde verteenwoordig het: TuksHokkie.
  • Sportvrou van die Jaar: Kirsten McCann (Roei).
  • Sportman van die Jaar: Akani Simbine (Atletiek).

 

 

- Outeur Mmane Boikanyo
Deel hierdie blad
Geredigeer deur Martha KilianWysig
Adjunkminister van Sport, Gert Oosthuizen, Kirsten McCann, Sportvrou van die Jaar en Visekanselier en Rektor, Prof Cheryl de la Rey (Fotokrediet: Reg Caldecott)