E-pos ons

FAQ
Al wat tussen jou en jou droom staan, is die wil om te probeer en die oortuiging dat dit werklik moontlik is.
— Joel Brown

JuniorTukkie

Sluit aan by die JuniorTukkie-program en word deel van 'n kultureel-diverse groep leerders en studente wat uitdagings aangryp!

 


 

Die JuniorTukkie-program van die Departement Toelating en Studenteadministrasie by die Universiteit van Pretoria is gestig om leerders in Graad 10, 11 en 12 te help om verantwoordelike studie- en loopbaankeuses te maak. Graad 9-leerders word ook die geleentheid gebied om deel te neem aan sekere JuniorTukkie-verrykingsprogramme en om in Graad 10 lid te word van die JuniorTukkie-klub.

 

JuniorTukkie ontwikkel ook belangrike vaardighede om hierdie leerders beter toe te rus vir die uitdagings wat hulle in die gesig staar as 'n student in hul persoonlike hoedanigheid sowel as op professionele gebied. Die JuniorTukkie-program bied onder andere, 'n wye verskeidenheid dienste aan leerders en studente soos eerstehandse inligting oor studie- en loopbaanopsies, ontwikkeling van leierskapskwaliteite, lewensvaardighede, studievaardighede, betrokkenheid by gemeenskapsprojekte, en baie meer.

 

 

Kontakinligting

Tel:   +27 (0)12 420 6606
E-pos:   [email protected]
Webwerf:   www.up.ac.za/juniortukkie

 

 

 

 

 


Vind meer uit

Projekte
Vennote
JuniorTukkie-tydskrif
Deel hierdie blad