E-pos ons

FAQ

JT Graad 11-Toppresteerdersfunksie

Die JuniorTukkie-kantoor van die Departement Toelating en Studenteadministrasie by die Universiteit van Pretoria (UP) bied elke jaar sy Graad 11-toppresteerdersfunksie aan by die Universiteit se Hatfieldkampus. Uitnodigings sal hierdie jaar aan die top 10 akademiese presteerders en LO-onderwysers van geselekteerde skole asook aan alle Graad 11 JuniorTukkie-lede. 
 
Die Universiteit bied 'n omvattende reeks uitstaande akademiese studieprogramme aan en met hierdie toppresteerdersfunksie, verskaf die Universiteit noodsaaklike inligting aan talentvolle jong leerders ter ondersteuning ten einde goeie studie- en beroepskeuses te maak. Leerders kry die geleentheid om die lewendige atmosfeer van Tuks-studentelewe te ervaar en te geniet.

Ons gaste kry ook die geleentheid om meer te leer oor die Universiteit se Fakulteite Natuur- en Landbouwetenskappe, Opvoedkunde, Geesteswetenskappe, Veeartsenykunde, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Regsgeleerdheid, Gesondheidswetenskappe en Ingenieurswese, Bou-Omgewing en Inligtingstegnologie. Personeel in hierdie fakulteite en verskeie departemente van die Universiteit van Pretoria sal beskikbaar wees om leerders se vrae te beantwoord en advies te verskaf oor 'n verskeidenheid aspekte van toepassing op leerders wat beplan om aan die Universiteit te studeer.

Elke leerder sal ontbyt, 'n JuniorTukkie-pet en 'n inligtingspakket by aankoms ontvang.

Prof. Cheryl de la Rey (Visekanselier en Rektor), lewer gewoonlik 'n inspirerende en interessante toespraak tydens hierdie funksie. Verteenwoordigers van ondersteuningsdepartemente soos TuksSport, Studentesake en TuksAlumni verskaf waardevolle inligting aan die leerders op hierdie dag.  Die gaste word gewoonlik bederf met 'n item van bekende Tuksgroepe soos TuksCamerate, Ovuwa en koshuis-serenadegroepe.

'n Opwindende motiveringspraatjie sal deur 'n bekende persoonlikheid gelewer word wat motiverend is met betrekking tot die leerders se toekoms. Mnr Petrus Lombard, Projekbestuurder: JuniorTukkie, stel die JuniorTukkie Club en die voordele wat dit bied, aan leerders bekendgestel.

Leerders wat vooraf besprekings gemaak het, sal op 'n kampustoer geneem word om die pragtige kampusomgewing te verken en ‘n deel van studentelewe te ervaar.

Aan die einde van die program, word gaste bederf met 'n heerlike wegneem-middagete.

 

 

Deel hierdie blad
Geredigeer deur Martha KilianEdit