E-pos ons

FAQ

JT Graad 12-Voorbereidingskonferensie

Die Graad 12-Voorbereidingskonferensie is ‘n inisiatief van die JuniorTukkie-kantoor van die Departement Toelating en Studenteadministrasie en sy doelwit is om 200 JuniorTukkie akademiese presteerders te identifiseer om die Konferensie by te woon ter voorbereiding van die finale skooljaar eindeksamen en tersiêre studie. Hierdie Konferensie word ondersteun deur Investec.

JuniorTukkies met 'n Toelatingspunttelling (TPT) van 38 of meer wat in Graad 12 is en voorwaardelik toegelaat is vir 'n studieprogram aan die Universiteit van Pretoria, sal genooi word om aansoek doen vir bywoning van die Graad 12-Voorbereidingskonferensie wat gehou word vanaf 30 September tot 4 Oktober 2017.


Die Universiteit dra die kostes van die akkommodasie, etes en alle aktiwiteite gedurende die Konferensie. Lede van die JuniorTukkie-vereniging (senior studente) verleen hulp waar nodig. ‘n Omvattende program word jaarliks saamgestel en daar word gefokus op ‘n wye reeks Graad 12 en tersiêre onderwerpe sowel as opwindende fisiese aktiwiteite.

Die program sluit die volgende in:
  • ‘n kreatiwiteitswerkswinkel deur Free Trust Adventures;
  • spanbou-aktiwiteite;
  • besoeke aan die fakulteite waartydens leerders die geleentheid gegun sal word om fakulteit-spesifieke vrae te vra;
  • matriekvoorbereidingsessies wat aangebied word deur uitstekende onderwysers in Wiskunde, Fisiese Wetenskap en Rekeningkunde;
  • hulpverlening deur personeel van die Departement Toelating en Studenteadministrasie oor toekennings, beurse, lenings, koshuisplasings, sekuriteit op kampusse, studentesake en student finansiële gereedheid;
  • oogtoetse (Spec-Savers ondersteun die projek deur oogtoetse op leerders te doen en gratis brille te verskaf);
  • ‘n gekombineerde Gautrain-ekskursie en besoek aan Investec, die hoofborg van die Konferensie;
  • ‘n besoek aan die Hans Merensky-biblioteek op die Hatfieldkampus; en
  • ‘n Experilab-vertoning.

Deel hierdie blad
Geredigeer deur Martha KilianEdit