E-pos ons

FAQ

Voorbereiding vir die NBT

 

Registrasieprosedure

Registrasie vir die NBT word op die Internet gedoen en neem omtrent vyf minute om te voltooi. Gebruik u rekenaarblaaier en gaan na die webtuiste: www.nbt.ac.za. Nadat u die algemene inligting asook die gereelde vrae (FAQs) gelees het, selekteer die “Register to write” duimgids en volg die instruksies. U aandag word daarop gevestig dat u ‘n Suid-Afrikaanse ID of buitelandse paspoort sal benodig om die registrasie te voltooi.

Indien u nie toegang tot die Internet het nie of probleme tydens die registrasieproses ervaar, kan 021 650 3523 geskakel word of ‘n e-pos aan [email protected] gestuur word vir bystand. 

UP Toetsdatums

Registrasie maak 1 April 2017 oop

 

NBT Toetsdatums
Venue: UP Hatfield Campus

Laaste datum om aanlyn te registreer

Laaste dag om te betaal

Uitslae beskikbaar

27-Mei

02-Mei

08-Mei

19-Jun

17-Jun

28-Mei

04-Jun

17-Jul

24-Jun

04-Jun

11-Jun

24-Jul

1-Jul

11-Jun

18-Jun

31-Jul

15-Jul

25-Jun

02-Jul

14-Aug

12-Aug

23-Jul

30-Jul

11-Sep

26-Aug

06-Aug

13-Aug

26-Sep

16-Sep

27-Aug

03-Sep

16-Okt

7-Okt

17-Sep

24-Sep

06-Nov

14-Okt

30-Sep

01-Okt

13-Nov

2-Des

12-Nov

19-Nov

18-Des

 

Betaling

Alle NBT-fooie moet deur EasyPay betaal word. Neem u NBT-registrasiebrief na u naaste EasyPay-betaalpunt om te betaal. Betaling kan ook geskied op die EasyPay-webtuiste: www.easypay.co.za vanwaar die kwitansie ook gedruk kan word.
EasyPay-betaalpunte word orals in Suid-Afrika gevind, in supermarkte, wat insluit Pick ‘n Pay, Shoprite Checkers en Spar en velerlei ander handelaars.
Geregisteerde aansoekers wat nie vir die geskeduleerde toetse aanmeld nie, moet daarna weer registreer en betaal om die verpaste toets te herskeduleer. Let daarop dat die MAT toets nie alleen geskryf kan word nie.
Besoek gerus die NBT-webwerf of kontak die oproepsentrum vir verdere inligting rakende die bogenoemde datums en vir enige vrae.

 

NBT-webblad:  www.nbt.ac.za


Wil jy meer gereed wees vir die skryf van die Nasionale Normtoets
(National Benchmark Test - NBT)?

JuniorTukkie het uitstekende terugvoer ontvang van leerders wat die NBT-voorbereidingsklasse wat deur Purple Pepper Maths aangebied word, bygewoon het. Jy is welkom om gebruik te maak van die hulp wat hulle bied in terme van voorbereiding vir die NBT.  Leerders wat belangstel om die NBT-voorbereidingsklasse by te woon, moet self reëlings tref met Purple Pepper Maths. Hierdie klasse word in Gauteng, Polokwane, Nelspruit, Kaapstad, Bloemfontein, Windhoek en Walvisbaai aangebied. 

NEEM KENNIS: JuniorTukkie kan nie verantwoordelik gehou word vir enige NBT-uitslae nie.

Klik hier vir die datums waarop Purple Pepper Maths se NBT-voorbereidingsklasse

 

Kontakinligting
Reinette le Roux:
+27 (0)72  582 4417
Duard le Roux: [email protected]
Webblad: www.purplepeppermaths.co.za/

 

 


 

Deel hierdie blad
Geredigeer deur Martha KilianEdit