E-pos ons

FAQ

Opedae

 

UP Opedag: 20 Mei 2017

Die Universiteit van Pretoria (UP) hou op Saterdag 20 Mei 2017 'n opedag vir hoërskoolleerders van Graad 9 tot 12 en hulle families. Hierdie dag bied die ideale geleentheid vir leerders en hulle ouers of voogde om die wye reeks studieopsies wat by die Universiteit beskikbaar is, te ondersoek. Die UP Opedag gee leerders en hul ouers die kans om presies uit te vind wat sekere studievelde behels.

 

Wat om op die dag te doen

Ouers en leerders kan direk met fakulteite praat oor hul gekose studievelde, luister na 'n toespraak deur die Visekanselier en Rektor, Prof Cheryl de la Rey, en sessies in die onderskeie fakulteite bywoon. Leerders wat voorlopig tot UP toegelaat is, kan die koshuise besoek en huiskomitees ontmoet, meer uitvind oor UP se Prestasietoekennings, die pragtige kampus ervaar en meer uitvind oor die akademiese steunprogramme wat beskikbaar is.

 

Administrasie

Die Departement Toelating en Studenteadministrasie kan leerders help om hul toelatingstatus na te gaan, leerders kan hul aanvanklike fooie betaal en diegene wat reeds voorloping voorlopig toegelaat is, kan hulle toelatingskontrak inhandig.

 

Moet weet

Datum: Saterdag 20 Mei 2017

Toegang: 08:00 tot 13:00 (Dienste sal van 08:00 tot 14:00 beskikbaar wees.)

Plek: Universiteit van Pretoria, Hatfieldkampus

 

Opedag Program

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


Die volgende Opedae word in samewerking met JuniorTukkie in 2017 aangebied:


Fakulteit Veeartsenykunde-opedag vir Graad 11- en 12 -leerders: 3 Maart 2017

Datum:  Vrydag, 3 Maart 2017
Tyd:  13:30 tot 17:00
Plek: Fakulteit Veeartsenykunde, Onderstepoortkampus

Navrae kan gerig word aan [email protected] of [email protected] of +27 (0)12 529 8129.

 


Fakulteit Gesondheidswetenskappe-inligtingsdag vir Graad 12-leerders: 3 Maart 2017

Datum:  Vrydag, 3 Maart 2017
Tyd:  14:00 tot 17:00
Plek:  'Universiteitsoord', NG Kerk, Hatfield, Pretoria

Navrae kan gerig word aan [email protected] of +27 (0)12 319 2394.


 

Deel hierdie blad
Geredigeer deur Martha KilianEdit