E-pos ons

FAQ

Graad 9-inligtingsessie

 

Die JuniorTukkie-kantoor van die Departement Toelatings en Studenteadministrasie bied jaarliks 'n Inligtingsessie vir Graad 9-leerders en hul ouers aan.

Daar word reeds op ‘n baie vroeë ouderdom aan die einde van Graad 9 van leerders verwag om vakkeuses vir Graad 10 te maak. Dit word ook van leerders verwag om op hierdie jong ouderdom reeds aan moontlike beroepskeuses te dink aangesien dit hulle vakkeuses sal beïnvloed. Omdat leerders op hierdie ouderdom dikwels nog nie sekerheid oor hul beroepsbelangstellings het nie, is dit belangrik om die proses positief en stap vir stap aan te pak. Leerders en ouers hoef glad nie paniekerig te wees nie maar eerder opgewonde om saam te beplan aan ‘n opwindende en interessante studie- en beroepstoekoms wat sal bepaal wat ‘n geskikte vakkeuse vir Graad 10 sal wees. Die doel met hierdie Inligtingsessie is juis om riglyne te verskaf oor hoe om ‘n veilige vakkeuse vir Graad 10 te maak. Hierdie brosjure dui belangrike stappe aan vir Graad 9-leerders om oor ‘n verantwoordelike Graad 10-vakpakket te besluit.

 

 

KLIK HIER om die GRAAD 10-VAKKEUSES-
BROSJURE af te laai
:

                        

 

Deel hierdie blad
Geredigeer deur Martha KilianEdit