E-pos ons

FAQ

UP-koshuise

Die JuniorTukkie-program help studente om doeltreffend te wees in hul algehele ontwikkeling. Al die JuniorTukkie-programme is so saamgestel dat dit studente aanmoedig om na akademiese uitnemendheid te streef en om goed-afgeronde individue te word. Ons is trots op ons JuniorTukkies vir hul unieke gees en hoe hulle presteer, meeding en uiteindelik suksesvol raak in wat hulle doen. Die kennis en ervaring wat hulle uit die JuniorTukkie-programme opdoen, help dat hulle ook op ander gebiede uitblink soos om leiers in UP-koshuise te wees.

 

►Klik hier vir meer inligting oor studenteverblyf by Tuks.

‘n Getuienis van 'n JuniorTukkie, tans 'n inwoner van Huis Olympus, die manskoshuis by die Fakulteit Gesondheidswetenskappe se Prinshofkampus:

"Ek kontak u namens Huis Olympus. Eerstens wil ek sê dat ek baie dankbaar is vir die bydrae wat JuniorTukkie gelewer het tydens my oorgang van hoërskool na Universiteit. Die oorgang sou vir my baie moeiliker gewees het om te hanteer as ek nie deel was van die JuniorTukkie-program nie. Ek is nou in 'n leierskapsposisie by Huis Olympus en floreer steeds in my derdejaar MBChB-studies."

George Varughese
HK van IT en Webwerf, Borgskappe en Multi-kultureel
Huis Olympus

►Klik asseblief hier vir meer inligting oor Huis Olympus 

 

 

Deel hierdie blad
Geredigeer deur Martha KilianEdit